Ons storie

8 Jaar skryf ons al ons storie, en nes enige storielyn het ons elke seisoen ervaar. Hoogte en laagte punte het die spesiaale band gevorm wat ons vandag deel.

Ons is geseën met die pragtigste klein dogtertjie en ‘n vriendskap wat ons vir niks sal ruil nie. Ons liefde kan beskryf word as ‘n vlam wat helder brand as ‘n baken van hoop vir mekaar. Die 3de Augustus wil ons dit deel met al die spesiale mense in ons lewe. Om voor God ‘n belofte te  maak om vir altyd na mekaar om te sien, lief te hê en te beskerm is ons hart se grootste begeerte. Ons sien so baie uit om dit met julle te deel.