Gevolg


Ons klein rabedoe sien al maande lank uit dat haar mamma en pappa moet trou – Sy het die heeltyd verwys na “ons” gaan trou. Sy het haar rokkie en hakskoentjies byna elke naweek aangepas net om seker te maak sy lyk mooi vir die groot dag – So klein soos wat sy is besef sy dat die dag baie belangrik is. Hoeveel slapies nog voor ons trou vra sy elke aand?

Mamma en pappa is so bevoorreg dat jy deel kan wees van ons trou dag. Ons is soo ongelooflik lief vir jou. Jy is ons gom wat alles bymekaar hou.

 

Laatlammetjie en jongste boetie van die bruid, my klein stof en eiers. Alhoewel hy nie sy eie boeties het nie, kry hy ‘n ouboet by as sy oudste sussie met die liefde van haar lewe trou. Skerp met die tong, flink van begrip en ‘n baie skerp sin vir humor is hoe sy sussie hom sal beskryf. ‘n Regte Jesus kind. Hy het ‘n baie spesiale plekkie in ons harte en dit is vir ons soo lekker dat hy deel is van iets so spesiaal.

Ons is baie lief vir jou MC

My liefste sussie Del, my padkaart het twee rye voetspore van al die plekke waar ons al saam was en ek het ‘n ekstra lagplooitjie met jou naam op. Jy het nog altyd elke hoek van die huis gevul met jou warmte, en wanneer jy toor met geure, droom ek oor ons volgende avontuur. Jy was my eerste beste maatjie, en jy ken my storie so goed. Daar is dele waar jy my ink vervang het waar dit op geraak het. Van alles in die lewe wat ek wil vier, is jou lewe die een waarop ek daagliks ‘n glasie wil lig want as ek dink aan my lewe weet ek dit sal nie dieselfde wees sonder my sussie nie. Ek het jou baie lief, en ek leer daagliks hoe om jou beter lief te hê as ‘n sussie.

 

“Spring maar agter op by my, agter op my fiets. Ek weet nog nie waarna toe ons gaan nie, maar dit pla my ook nie regtig nie. Spring maar agter op by my, dan gaan ons saam hier weg . Ek weet nog nie waarnatoe nie, maar dit maak nie saak nie want ek ken die weg.

Al is dit die mees eenvoudigste woorde van ‘n liedjie van ‘n sanger met geen takt nie, het ek vir ‘n oomblik die woorde gehoor en gedink  – as dit nie vir die fiets in die straat was waar ek en Del ontmoet het in 2001 nie sou ons mekaar dalk misgeloop het in ‘n skool met 1200 kinders en dan sou die die simpel liedjie ook geen betekenis gehad het nie. En as dit nie was vir die sin van humor wat ons deel nie, sou ek nie eers aan die geleende woorde gedink het nie.

Die woorde het my laat besef, dis partykeer die eenvoudigste manier wat mense ontmoet wat jou op die beste avontuur sal stuur. Ons weet nogsteeds nie waarheen ons gaan nie, maar op een fiets en 23 jaar later se saam trap aan die opdraendes en “free” deur al die afdraendes maak dit ook nie saak nie, want met so ‘n unieke vriendskap maak dit nie saak waarheen die lewe ons vat nie.

Ek kan nie wag om te sien hoeveel uitskeersels van trouboeke die groot dag gehaal het nie.

Ek ken nie die weg nie, maar wie doen.

Mono-i-mono

Liefde Hannasdas

 

Ek het vir Del ontmoet deur gemeenskaplike vriende. Waar ons bly is die plek maar so klein soos ‘n skoenboks en almal ken mekaar. In 2022 het ons begin saam werk en net daar het ons geclick. Random rant/therapy sessies in die oggende voor werk, mekaar honger praat van al die 100de resepte wat ons wil probeer, aande waar ons met R100 uitgaan want ons wil dans, tot by die werks email “that didn’t find us well” Ons het al so lekker saam gelag en gehuil. Gedans en gegroei. Gekyk hoe ons drome waar word en mekaar deur alles ondersteun. Sy is vandag een van my hartsmense, iemand met wie ek my Jalepeno braaibroodjie sal deel.

Lief jou my tjommie.

 

 

Mav julle spesial dag is amper hier, en ek wil net die geleentheid vat om te se baie geluk. Ek weet dat julle huwelik so geseend sal wees met Jesus se seeninge. Ek wil net vir jou se hoe baie jy vir my beteken, en dankie dat jy die defnisie van ouer broer volstaan. Dankie dat jy daar was vir my toe ek jou die nodigste gehad het. Ek bid dat jy en Del baie gelukkige jare sal saam he. Lief vir jou Mav.

 

Stoutgat tjokkers is hoe ek ons sal beskryf as kinders. Deur dik en dun het ons mekaar gedra en ondersteun. Saam op matriekvakansie gegaan, gekuier tot die son opkom en lekker stout gewees. Om Maverick as ‘n vriend te he kan jy maar weet jy sal nooit ‘n dull moment he nie, ek het al gedink die man vrees niks. Daar is geen boom te hoog, of ramp te lank, driveway te kort vir ‘n weely trick wat hy nie sal aanpak nie. Die wereld mag dalk mal wees – maar die ou is maller. Lief jou my vriend.

 

Ek het nie gedink my boetjie sal sommer settle nie, nog minder die great pa wees wat hy vandag is nie, maar as daar een ding is wat ek van hom kan se is dit dat hy alles voluit doen en dit is soo lekker om te sien dat hy die rol van man en pa ook voluit aangepak het. Daar is 100de stories waaraan ek kan dink as ek dink wat ek en my broers al saam aangevang het – Jeep stoot, bmx tricks wat hom amper sy crown juwels gekos het, boomhuis gebou tot laat in die aand as die jakkelse begin huil, hase jag sonder gewere en mekaar agter die bakkie aansleep op enige iets wat ons aan ‘n tou kon vasmaak. Van die beste tye van my lewe. Dis vir my ‘n voorreg om hier langs jou te staan vandag.

 

“Dillian” sy menace bynaam – want dis wat hy is. ‘n Menace. Ek het teveel stories, maar daar is ‘n spesifieke een wat ek wil deel. Om saam Maverick te gespeel het as ‘n kind moes jy maar weet daar is stunts betrokke, of jy gaan moet weghardloop.

Ons was omtrent so 7-8 jaar oud toe ons buite my ouma se huis gesit en modder koekies bak het. Van der Merwe en Botha kan mos nie net koekies bak nie. Die ou oorkant die pad (van wie ons nie baie gehou het nie) se kar staan toe voor die huis. Ek se nog vir Maverick jy sal nie – toe vlieg die eerste modder koekie al. Daai wit kar se paint job is moer toe.

Die ou het ons regte myner taal gevloek en geskel maar ons was soos wind om die hoek. Lekker gelag en min worries in die lewe gehad. Dis die hardste wat ek al ooit gemoer is met ‘n tennis rakket. Ons planne was nie altyd van die beste nie, maar ons tye saam was beslis.

 

My Nig,

Saadjies van dieselfde stamboom, deur dieselfde bloed wat deur ons are bruis. Kaalvoet speel en lag-lag dagdroom, word niggies mekaar se eerste heel eerste beste maatjies. Herinnering en liefde van die mooiste kleure en geure, het ons in verskillende seisoene gegroei en geblom. En al waai die wind van die lewe ons blaartjies in verskillende rigtings, sal ons niggie harte soekend viraltyd weer bymekaar uitkom.